Closing Date: 10 July 2020
Salary: R220 per day
Prins Albert Munisipaliteit as deel van die implementering van die Gemeenskapveiligheidsplan is van voorneme om Wetstoepassingsbeamptes tydelik indiens te neem. Skriftelike aansoeke op die voorgeskrewe aansoekvorm, word hiermee ingewag van persone wat oor die nodige kwalifikasies en ondervinding beskik vir aanstelling as: WETSTOEPASSINGSBEAMPTE
MINIMUM VEREISTES
Graad 12
Sertifikaat in Wetstoepassing
Sertifikaat in Basiese Noodhulp
Geldige Kode B Bestuurderslisensie
Bevoegdheid in ten minste twee van die amptelike tale van die Wes-Kaap (skryf, lees en praat)
Goeie mense verhoudings, interpersoonlike- en kommunikasievaardighede
Konflik hanteringsvaardighede
Een (1) jaar toepaslike ondervinding in van die sleutel prestasie areas.
Sleutel prestasie areas: Verrig aktiwiteite/take wat verband hou met die handhawing van wet en orde, veiligheid en sekuriteit deur die toepassing van neergelegde polisiëring, beskerming- en rampbestuurprosedures en aandag aan prosesse wat daarop gemik is om nakoming van wetgewing, munisipale verordeninge en regulasies te verseker en om enige aksie of situasie wat veiligheid dreig, te identifiseer en stiptelik uit te voer.
SALARIS : R 220.00 PER DAG
STATUS VAN POS : 3 MAANDE KONTRAK AANSTELLING (Gemeenskapsveiligheidsprogram)
SLUITINGSDATUM : VRYDAG, 10 JULIE 2020
Aansoeke op die voorgeskrewe aansoekvorm met gewaarmerke afskrifte van kwalifikasies en identiteitsdokument moet gerig word aan ME. DEBBY MOONEYS-PERSONEEL AFDELING, Privaatsak X53, Prince Albert, 6930, Tel. 023-5411 036, voor of op VRYDAG 10 JULIE 2020.
Prince Albert Munisipaliteit is ‘n gelyke indiensneming-wergewer en moedig gestremdes, persone uit voorheen benadeelde groepe en veral vroue aan om aansoek te doen. Die Munisipaliteit behou die reg om geen aanstelling te maak nie. Gunswerwing sal ‘n kandidaat diskwalifiseer.
Indien u nie binne 30 dae na die sluitingsdatum van die Munisipaliteit ‘n skrywe rakende die aansoek ontvang het nie, kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was.
Law Enforcement Officer (X3) (239.4KB) Application form (206.03KB) Last published 02 July 2020